|
|
Steve Hofmeyr besoek Danville
Steve Hofmeyr visits Danville |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die volgende artikel verskyn in die SA Times in Londen |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Goeiemôre, Vanoggend kan ek heerlike terugvoer gee - Steve se besoek aan die kinders was 'n ongelooflike sukses!!!.. Ek wens julle kon die kinders se gesiggies sien toe hierdie lang slap spierwit Limousine in die erf intrek en Steve ewe gemaklik en glimlaggend uitklim! Soveel gille van plesier het ek nog nooit gehoor nie (dit het die 3 kersvaders met ons kersboom oortref!) En toe word dit stil! Steve is gewoond om vir mense te sing, maar gister moes hy stil wees en luister hoe ons kinders vir hom sing! Hulle het weggetrek met ons "Christen welkom liedjie" en ek kon sien dat hy dit intens geniet! Daarna het ons hom verras met 'n bos spierwit blomme vir sy 40ste Verjaardag die 29ste Augustus! Nog nooit het ek die liedjie "Lekker verjaar ou maat!" so gehoor sing nie!! Hierna was dit net pret en plesier. Toe kom die treffer - Steve sing 'n versie van die "Blou Bul" en dan moet die kinders die res sing! - ons ore het getuit! Van ons bejaardes van die bloudakkies ouetehuis het ook kom kuier en Steve het tyd gemaak om met elkeen van hulle te gesęls en 'n grappie te deel. Een tannie het vir hom "lekker swieties en koekies" belowe as hy tog net vir hulle by die ouetehuis sal kom kuier!! (ek moet hulle begin dophou!) En toe kom die groot lekker - 'n Rit om die blok in die limousine! Ons het probeer om die drywer te oortuig dat die kinders klein is en dat hy meer as 8 op 'n slag in die limo kon laai - maar hy wou niks weet nie! En daar ry ons kinders op 'n Dinsdag middag in Danville in 'n Limousine! Ek glo dat hierdie gebeurtenis nog lank in hulle geheues sal bly en dat dit vandag behoorlik gons by die skole! ek hoor hulle sę "Weet jy wat - ek het tog gister in 'n Limousine gery!!!" Intussen het Steve foto's en handtekeninge uitgedeel - wat 'n plesier was dit! Daar was 'n meisie in 'n rolstoel wat spesiaal vir hom kom kuier het. Sy het 'n hele plakboek van Steve wat omtrent sy hele lewe dek! - 'n Lieflike boek en Steve was baie verras toe hy dit sien! Tannie Elsie het Maandag haar 77ste verjaardag gevier en het behoorlik gestraal toe Steve haar en 'n paar ander mense wat ook verjaar het gelukwens! Om dit op te som - Dit was 'n heerlike dag! - Beeld en Solidariteit se verteenwoordigers was ook daar en ek hoop en vertrou dat ons nou ondersteuning van hulle kant sal ontvang. Geniet hierdie lieflike sonskyn dag! Elsabe |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||