|
|
Seunskamp 13 - 15 Mei 2005 |
|
Baie dankie aan almal wat bygedra het
om die seuns te stuur. Ons kon uiteindelik net 39 seuns laat kamp. (eers
was ek hartseer hieroor - maar later het ek besef dat die Here 'n plan
gehad het hiermee - en dat ons nie meer sou kon hanteer op hierdie
spesifieke kamp nie!) Ons is natuurlik gedaan! - Hierdie kamp was absoluut die teenoorgestelde van al die vorige kampe! Ons was behoorlik beproef - en dit was weereens 'n skok om te sien hoe ontwrig, ongebalanseerd, ongedissiplineerd en gewoon net onmoontlik die meeste van hierdie kinders is! Dit het weereens vir ons bewys dat ons enorme werk in die Danville en Elandspoort area het. Ek moet erken dat ek op 'n stadium gewonder het of ek nog op die regte pad is met die mense???- maar toe besef ek - Die duiwel is baie hard besig om my/ons vreugde te probeer steel. Hy het nou behoorlik "'n spanner in die werke" probeer druk die afgelope 2 weke! Dit is eintlik skrikwekkend! Selfrespek, respek vir volwassenes en die omgewing het glad nie bestaan nie! Gehoorsaamheid was onbekend! en ons was beproef om elke hoek en draai! Maar deurentyd het die boodskap baie duidelik deurgekom - vir die meeste van hierdie onmoontlikhede was dit eintlik 'n noodroep vir aandag en liefde. Dit was 'n ongelooflike hartseer naweek vir my! en soms het dit gevoel asof my hart wil breek! Om in klein gesiggies te kyk en te wonder wat in hierdie lewe vir hulle voorlę was nie lekker nie! NIETEMIN - Ons sal die stryd saam stry - Ons sal met hulp en leiding van die Hemelse Vader nou nog meer as ooit tevore, harder werk om hierdie kinders te wys dat dit eintlik "anders" moet wees. Ons sal nie moed opgee nie - dit was een uit 7 kampe wat "moeilik" was. (eintlik was ons bederf met al die ander kampe en moes ons seker maar terug aarde toe gebring word!) Help my asb soos altyd in die verlede, sodat ons 'n verskil in hierdie kindertjies se lewens kan maak. Ons moet nooit moedeloos word of moed opgee as daar 'n bietjie"grondpad" oor ons lewens kom nie! Ek gaan hierdie spesifieke groep binnekort weer plaas toe vat - maar sal dan 'n heel ander kamp-program met hulle volg.! Ons sal hulle leer wat reg en verkeerd is en hulle 2e kamp sal 'n kamp wees wat hulle nooit sal vergeet nie! Dit was nogtans 'n voorreg om hulle vir 'n naweek te kon bederf! Mooi loop Elsabe |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||