Rainbow Kinderbediening

 Kersfunksie 22 November

Baie DANKIE aan Alicia Keyser wat hierdie jaar weer kans gesien het om Kersfees vir ons kinders 'n fees te maak. Sy het eiehandig
370 geskenke ingesamel, in die mooiste papier toegedraai, en heerlike lekkergoedpakkies gemaak. Dankie Alicia - ons waardeer dit opreg!

Toe Alicia met 'n sleepwaentjie propvol geskenke opdaag en Vader Kersfees sy verskyning om die hoek maak was daar VREUGDE!!
Sy takbokke was al so moeg - die horings het gehang en daarom moes tannie Alicia maar inspring en help aanry! Gou-gou is almal in plek en word die gaste onthaal met 'n toneeltjie en die lieflikste kersliedere.

My gunsteling liedjie "Hoe groot is U" laat my keel weereens toetrek! Ek hoor "hoe groot is U" en voor my sien ek 'n see van minderbevoorregte kindertjies met groot afwagting op hulle gesiggies! En ek weet God se genade is so groot en HY is so getrou!
Deur SY werking kan ons vandag so 'n titseltjie vreugde in hierdie kinders se lewens bring.

Die spanning loop hoog - hulle is nie meer lus vir sing nie - nou moet die geskenke uitgedeel word - en Kersvader doen sy ding. Elkeen word op sy skoot getel - kry 'n lekker drukkie en 'n pragtige geskenk! Een klein seuntjie kry hom aan sy baard beet - en amper "ontmasker" hy vir Vader Kersfees! Die ogies blink en die bekkies lag groot oop - sommer so diep uit die keel wanneer die papiere afgeskeur word! Vir ander heel klein babatjies is hy 'n verskrikking en skreeu hulle blou-moord op sy skoot! Die geskenk is darem 'n troos van hierdie "vreemde verskynsel"

Terwyl Alicia die geskenkies vir Kersvader aangee sien ek hoe "sag" haar oë word - en ek weet haar ure se harde werk - is met die grootste geskenk beloon! Wat is meer kosbaar as vreugde op 'n kindergesiggie?

Ons sluit die funksie af met Koeldrank, roomys en fris lekkergoedpakkies. Toe die outjies so by die hek uitstap weet ons "Vanaand is daar so baie gelukkige hartjies - en kan hulle met 'n glimlaggie en dalk geskenkie in die arm aan die slaap raak.

BAIE, BAIE dankie aan al ons ondersteuners - wens so julle kon almal by wees wanneer die geskenke uitgedeel word.
Peter gaan vandag begin om die foto's op die webwerf te laai www.danvillehulp.co.za hou die webwerf dop en geniet die foto's
 
   

Geskenke by die dosyne en dosyne

So baie dankies Vader Kersfees

   

Nou wanneer kom Kersvader dan?

Laat ek my present veilig op my kop hou

   

Alicia geniet die kinders terdeë

Waaroor sou die klein seuntjie so diep dink?

   

As HY weer kom, kom haal hy sy pêrels

Dankie vir my geskenkie

   

Kyk my mooi geskenk

Nou wat is nou binne in

   

Tannie Alicia help Vader Kersfees

Ag genade die oom maak my bang

   

Geskenke en eetgoed uit die boonste rakke

Groot vreugde

   

Lekker koue roomys op 'n warm dag

Groot dankies vir my mooi horlosie

   

Lekker lekker roomys

My baba slaap lekker

   

Veder Kersfees ek is lief vir jou

Die tweeling gaan nou rondrits