RAINBOW EN DIE WOORD KINDERGROEP

Kersfunksie - 25 Nov 05

 
Vrydagmiddag sit die kinders sommer al vroeg-vroeg op hulle stoeltjies en wag vir Vader Kersfees!
Dit is bloedig warm onder die afdak en ‘n 4 weke oue babatjie lê met bloedrooi wangetjies op sy ma se skoot, skoon slap van die hitte! - Vader Kersfees sal vandag baie vinnig moet kom!

Ons begin die verrigtinge met die kinders wat vir ons kersliedere sing. En toe – terwyl ons nog sing
stap Vader Kersfees by die hek in! Konsternasie, almal wil hom ‘n drukkie gee en gou iets vir hom vertel.

Uiteindelik kom hy voor by die Kersboom met al die mooi geskenke in rye gepak uit!. Ons begin sommer 
dadelik met die belangrikse item van die dag – geskenke uitdeel!. Dit gons behoorlik toe die eerste
geskenk oopgemaak word en die ander kinders die mooi speelgoed sien – nou kan hulle nie meer wag nie

“Vader Kersfees jy moet nou spoed optel” sê die een outjie en almal stem saam.

Intussen trek die wolke alweer toe en ons besef ons sal moet wikkel want daar is nog ‘n kersboom met baie
kindertjies wat wag in Elandspoort. Toe die laaste geskenkie uitgedeel is en Vader Kersfees vinnig ‘n glasie
koeldrank afsluk kry hy kastig ‘n oproep wat sê dat hy nou gou moet maak want die groot reën kom en die
ander kinders moet ook nog geskenke kry! En daar ry ons………… Elandspoort toe!
     

 

 

Almal wag in spanning

Nou wanneer kom Vader Kersfees

   

 

 

Nou kan jy Vader Kersfees eerste sien

Uiteindelik is hy hier

   

 

Gee maar asb my geskenkie al slaap ek so lekker

Nou wanneer is dit my beurt

   

 

Die tweeling is gelukkig

'n Hele sak speelgoed net vir my

  Soveel mooi geskenkies - baie dankie

Nou moet ek by die see uitkom

   

Dit was nou 'n lekker Kersboom

Die eetgoed was net so lekker