President Kruger
Kinderhuis

Opgradering

Goeiemôre vriende,

Wat 'n voorreg om soveel ondersteuners vir ons projek te hê. Mense se harte wat op die regte plek is! Baie, baie dankie aan almal wat altyd bereid is om kragte saam te snoer en 'n groot verskil te maak!

Die groep wat vir die opgradering verantwoordelik was het gisteraand by my huis bymekaar gekom - die terugvoer wat ek gekry het was ongelooflik!

Ek kan nie wag om die eindresultaat te sien nie. Almal is druk besig met die opgradering/mooi maak van "hulle" kinders se kamers. Dit klink vir my of dit eerder na 'n 5 stêr hotel gaan lyk as 'n kinderhuis!

Daar is toe op die volgende besluit:-

1. Die kamers sal amptelik oorhandig word op die 11e Junie 2005. 2. Ons gaan 'n pretdag hou vir die kinders op hierdie dag en terwyl hulle feesvier - gaan die dames die beddens oortrek - die kamer heeltemal regmaak en dan in die middag gaan ons die kamers amptelik oorhandig!
3. Maar intussen het ons verneem dat 2 van Vader Kersfees se "agente" so bietjie verdwaal het en op die 11e maar so 'n blaas-kansie daar by die kinderhuis sal kom vat!
4. Op die 11e Junie gaan ons "Kersfees in Junie" hou! 2 Vaders Kersfees 'n boom en BAIE speelgoed!
6. Die kinders gaan volgende week "wenslyste" om in te vul kry sodat dit nou kastig betyds by Vader Kersfees kan uitkom hierdie jaar! En dan kry hulle die groot verrassing!

Dit mag nou dalk bietjie laf klink - maar vir 'n kinderhuis kind gaan dit groot vreugde en opgewondenheid bring! - niemand sal so iets verwag nie!

Ons sal die wenslyste bekend maak - en dit dit wat ek nie in voorraad het nie sal ek 'n lys van maak en uitstuur!

ALMAL is natuurlik soos altyd - meer as welkom om hierdie oggend saam met ons te kom geniet!

Die eetsaal en kleedkamers moet ook reggemaak word. Sal die persone wat betrokke wil wees hiermee my asb kontak.

Ek hou julle op hoogte van die vordering en verdere reëlings

Mooi dag

Elsabe
 
 

 

Opgradeerders

Opgradeerders

   

Flukse werkers

Ek wag vir my kleinbaas

   

Hierdie kamer gaan nog pragtig word

Kasdeure wat reggemaak moet word

   

'n Vriendelike en ywerige groep helpers

Almal sit hand by

   

Die ene konsentrasie

Een groot plesier

   

Heerlike wordbroodjies vir die harde werkers

Hou hierdie kamer dop1

   

Een groot familie

Kamermaats

   

Knus in ons kamer

Ons is lief vir mekaar