President Kruger
Kinderhuis / Children's Home

Pret Dag / Fun day

 
 

Scroll down for English translation

 
  Pretdag vir kinders by President Kruger Kinderhuis 17 Jan 2004

Danksy al die bystand en wonderlike donasies van die Danville Hulp Projek vrywillige ondersteuners vir ons kersfunksie in Desember, was daar heelwat speelgoed oor.

Omdat ons kinders in Danville in oorvloed ontvang het, het ek gevoel dat die geskenkies en speelgoed wat nou oor is aan ander kinders wat minderbevoorreg is gegee moes word!. Ek het die Pres Kruger kinderhuis gekontak en met Mnr Vorster hulle prinsipaal gesêls. Hy was baie ingenome met die gedagte.

Uit die een gedagte het vele ander idees begin opduik. En kort voor lank tesame met die optimisme en vrygewigheid van ons vrywilligers kon ons ‘n heerlike dag vir hulle reel.

Dit wat ons nodig gehad het, het vinnig ingekom en voor ons ons oë kon uitvee was dit Saterdag die 17e Januarie!

Vroeg oggend was al die vrywilligers by die kinderhuis om alles reg te kry vir die kinders. Kort kort kon jy ‘n gordyn sien beweeg soos wat die nuus-kierigheid die oorhand begin kry het! ‘n Paar klein seuntjies kon dit nie meer hou nie en het versigtig om die hoek gesluip om ‘n vinnige inspeksie te doen!

Die eerste springkasteel moes vinnig getoets word waarna hulle ook net so vinnig weer om die hoek verdwyn het! Ons het lekker gelag vir die vindingrykheid.

Uiteindelik kon hulle uitkom. Die lang waterglybaan met seep in was ‘n aardigheid (sien die foto’s) Daar was gehardloop, geskaats, gegly en enige moontlike toertjie op gedoen. Die groot springkasteel was ook ‘n wenner.

Gesiggies is pragtig geverf terwyl die spookasem gemaak is.
Daar was ook ‘n oorvloed van lekkergoed en koeldrank wat net geneem en geniet kom word!

Teen 11 uur het Tienie Geyser ‘n kulkunstenaar, die kinders vermaak met al sy toertjies. Die mondjies het oopgehang van verbasing en hulle het gegil van plesier!


Hierna was dit middag ete. Terwyl die kinders geët het, het ons die geskenke uit die karre gehaal en begin uitpak onder die afdak. Nou het dit behoorlik begin gons! En toe was dit tyd om die geskenkies uit te deel.

Ek dink die vreugde en hartseer tegelyk wat ons daar ervaar het kan niemand beskryf nie! Die kinder gesiggies wat ophelder met die besef dat daar sowaar geskenke vir hulle is, is iets wat jy in jou hart vir altyd sal bewaar!

As julle na die foto’s kyk sal julle sien hoe bly die kinders was en almal het baie mooi dankie kom sê vir hulle geskenkies met ‘n stewige drukkie en ‘n lekker klapsoen!

Ek het so gewens dat almal wat altyd so getrou bydra en help om hierdie funksies ‘n sukses te maak ook daar kon wees om te deel in die kinders se vreugde! –

Nogmaals baie baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie dag baie spesiaal te maak vir die kinderhuis kinders.

Fun Day for kids at President Kruger Children's Home

As a result of the generous donations for our Christmas Project we had quite a few toys left over, and as our Danville kids all received toys,  which we decided to give the surplus toys to the children of the Children's Home.

I contacted the Home and spoke to the Principal, Mr. Vorster who was in agreement and pleased with the idea.

One idea usually generates more ideas and soon we were able to plan an enjoyable day for the kids.

Our needs were taken care of once again by kind donations and in no time the 17th January had arrived!

From early morning the volunteers were busy getting things ready. You could see movement behind curtains as curiosity got the best of some of the kids. A few small boys quickly jumped on one of the jumping castles for a quick test!

At last the kids were let loose! The foamy waterslide was a firm favourite with the kids trying out all sorts of tricks while sliding through the foam.

The kiddie faces were painted and candy floss made. There was also sweets and cold drinks for the taking!

At 11 o'clock, Tienie Geyser, a magician entertained the kids with his magic tricks and the kids were totally in awe!

Then it was lunchtime and while the kids were enjoying themselves we took the presents out of our cars, ready to be handed out. The joy on the kid's faces when they realised they were going to get presents as well, will stay with us for a long time. Just look at the phots below to see the joy on the kid's faces. They thanked each one of us personally with a hug and a kiss! I only wish that all our contributors could attend to see what affect their donation had and to share in the joy!

Once again, thanks to everyone who helped to make this such a special day for the kids.

 

 

Klik op die foto om 'n groter weergawe te sien
Click on a photo to  see a larger version

 

     

     

Annatjie maak 'n koue lyfie warm - Annetjie warming a small body

Elsabe en Antoinette maak spookasem - Elsabe and Antoinette making candyfloss

     

Elsabe en seuntjie - Elsabe with little boy

Elsabe met twee seuntjies - Elsabe with two little boys

Kinders op die glybaan - Children on the slide

     

Kulkunstenaak Tienie Geyser - Magician

Liezel verf 'n gesiggie - Liezel painting a small face

Mariette, Stiaan en Liezel makk lekkergoedpakkies - making up sweets parcels

     

Ministers van Spookasemwese - Candyfloss Ministers