Margaretha Ackermann-tehuis

Lente tee 2 Oktober 2004

Klik hier vir nog Lentetee fotos

     
  Saterdag was weereens 'n dag van groot vreugde en hartseer.

Vreugde omdat ons die bejaardes kon bederf en hartseer om te besef dat ons ook besig is om oud te word - en "gaan ek dalk ook Alzheimers kry" . Somtyds is die gedagte van baie oud word vir my 'n verskrikking wanneer ek die verswakte bejaardes so sien!

Anneke en Loraine het vir die bejaardes gesing en glo my as jy hulle nog nie hoor sing het nie mis jy iets. Die mooiste stemme met die mooiste liedere, met tye het jou keel heeltemal toegetrek.

Die eetgoed was uit die boonste rakke en ek kon my oë nie glo toe die dames instap met massas kos nie! 'n Reuse koek wat te groot was om in 'n kar te vervoer het almal se asems weggeslaan.

Hande en voete is gewas en naels is versorg - hierdie afdeling het baie sorg nodig! - Van die omies was eers sku maar het later die hand so halfpad onder die tafel gehou vir 'n manikuur! - tipies mansmens!" Een tannie het gevra wat dit kos - want sy wil nie iets op skuld laat doen nie, haar seun sal baie met haar raas as sy skuld maak! Dit was nogal moeilik om haar te oortuig dat alles verniet is!

Die dag is afgesluit met lieflike lekkergoed pakkies, 'n waslap met seep wat pragtig verpak was met 'n mooi bybelversie aan en 'n bossie blommetjies wat persoonlik in elke kamer afgegee is. Twee pragtige dogtertjies het die blommetjies uitgedeel en die oues was baie verras om nogal blomme ook te ontvang!

Daar was so baie eetgoed dat niemand middag ete wou hê nie en het ons besluit om die koek te laat oorstaan vir Sondagmiddag se tee. So dit was sommer 'n hele naweek van bederf.

Dankie aan almal wat bygedra het en baie, baie dankie aan die dames wat kom help het - julle kan verseker wees dat die bejaardes en ook die bestuur van die tehuis dit opreg waardeer het. Van die foto's is al op die website
 
 

Die saal word verfraai

Balonne opblaas is groot pret

   

Pragtige blomme vir almal

Blommetjies vir tafels

   

En toe kom die blomme

Ons blommemeisie is so skaam

   

'n Blom vir 'n Blom

'n Blommetjie vir almal

   

Selfs die manne kry 'n blommetjie

Ds. Renier gee 'n boodskap van hoop en liefde

   

Eetgoed

'n Reuse koek vir Sondagmiddag tee

   

'n Heerlike lente tee

Twee nagtegale verbly almal se harte

   

Lekker lag tussen die werk deur

Hande word versorg

   

Hoe hard het hierdie hande al gewerk

Almal hard besig om te werk

   

Annatjie werk alweer hard

Beenhare is tot geskeer

   

Die manne het net so hard gewerk

Die manne was bietjie skaam vir naels doen

   

Die aandag dwaal maar

Ekstra lekkergoedpakkies word uitgedeel

   

Nou wat is alles in hierdie boksie

En toe kuier ons 'n hond uit 'n bos