|
|
BESOEK AAN
MARGARETHA ACKERMAN PRETORIA WES |
|
Nadat ons in oorvloed kos en kerspakke aan die mense uitgedeel het op
die 24ste Desember 2003 was daar nog heelwat verversings oor. Ek en my
dogter Monya het Saterdag die 27ste Desember besluit om dit wat oor is
na die Margarehta Ackerman Tehuis vir bejaardes in Pretoria Wes te neem! Ag mense - net wanneer ek dink ek het alles gesien gaan daar weer 'n nuwe deur op 'n skrefie oop en kry mens 'n kykie in heel 'n ander wêreld! 'n Wêreld waarin nie een van ons, ons graag sal wil bevind nie! Hierdie tehuis huisves ± 160 bejaardes. Daar is ongeveer 80 heel verswakte bejaardes wat nie na hulself kan omsien nie! My hart het uit my keel gespring toe ons in die verswakte saal instap! Oumensies met groot hartseer ogies lê in "cot's" en wanneer jy met hulle gesêls wil hulle nie jou hand los sodat jy na die volgende bed toe kan stap nie!. Hulle begeer persoonlike aandag en liefde!
Na die eerste saal was ek nie seker of
ek die ander sale sou kon hanteer nie! - maar ons moes vir almal 'n pakkie
koekies, skyfies en 'n paar lekkers uitdeel! ons moes regverdig wees en
almal besoek!. Daarna is ons na die psigiatriese saal en weereens kon ons
nie ons trane bedwing nie! |
||||
|
|
||||
|
|
||||