| |
Voorbereidings
vir Bejaardes se braaivleis |
|
| |
|
|
|
|
| |
 |
 |
 |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
|
| |
Terugvoer op die Groot dag! |
|
| |
Goeiemôre,
BAIE, BAIE Dankie aan almal wat gehelp het om die funksie by die
Margaretha Ackerman tehuis 'n reuse sukses te maak!
Vroegoggend daag daar toe nie minder as 35 vrywilligers op om te help!
Ons wou nog eers bietjie "vergadering" hou voor die tyd maar daarvan was
daar geen sprake nie!
Toe ons ±08:00 daar aankom, het van die bejaardes al rondgestaan - kon
nie wag nie!. Ons moes blitsig die saal mooi maak. Ons sou amptelik
10:00 begin - maar 09:00 was die saal al klaar vol! en moes ons buite
toe gaan om vinnig te open en ons plan van aksie saam te stel!.
Vir hierdie geleentheid is die meeste verswakte bejaardes ook saal toe
gestoot in rystoele en van die vrywilligers moes haastig trane wegsteek
en emosies onder beheer bring!
Vinnig is die houers vol lekker lou water gemaak en kon die groot bederf
begin! Bets het dadelik besluit om die klein sitkamer in 'n
pedikuur salon te omskep en soos blits was
daar nie genoeg hande om die bejaardes se voete te versorg nie! Hulle
het het met totale oorgawe op die gemaklike stoele neer geplof en kon
nie die ongeloof oor sulke pamperlang wegsteek nie!
Die bejaardes se hande is in die saal versorg - Die omies het vinnig
gesien dat dit darem baie lekker is om so versorg te word en gou- gou
was hulle nie meer teruggetrokke nie! Naels is versorg en glo my daar
was vele versoeke vir bloedrooi naellak! (ons het gedink om maar ligte
kleure saam te neem! - wys jou nou net)
Oom Andrew het hulle vinnig uit hulle doppe laat kruip met sy musiek uit
"toeka se dae". Intussen het die manne begin braai en kon jy die
heerlike braaivleis geur tot binne in die saal ruik.
Toe was dit Tienie Geyser ons kulkunstenaar se beurt en die ongeloof op
die oues se gesiggies was kosbaar! - Hulle het dit terdeë geniet !
Daarna was dit bene -rek tyd en het almal eers gou 'n draaitjie gaan
loop! - maar was soos blits terug in die saal - wou niks mis nie!.
Tydens die ete het Anneke en haar vriendin Loraine ons almal verras met
die mooiste liedjies. Sulke sang-talent het ek lanklaas gehoor! -
Sommige bejaardes het weemoedig geraak en mens kon sien dat die
herinneringe baie vêr paaie met hulle loop!
Na ete gaan die oues gewoonlik vinnig kamer toe vir 'n middag slapie.
Maar hiervan was daar Saterdag geen sprake nie. Hulle het bly sit en oom
Andrew moes sing en musiek maak dat dit klap! Uiteindelik het hy "verklaar"
dat sy stem dit nie meer kan hou nie en het ons die verrigtinge
afgesluit.
Nadat almal kamers toe is het ons die geskenkpakkies by die kamers gaan
uitdeel - persoonlik in elke bejaarde se hand gesit met 'n lekker
drukkie!
GROOT BESLUIT!
Al die vrywilligers het saam besluit dat ons die 8 bed saal, waar al die
heel verswakte bejaardes in lê, gaan "aanneem".
Dit behels dat ons die saal van voor tot agter gaan opkikker! Mure moet
geverf word - gordyne moet vervang word - en nuwe duvets met slope wat
inskakel, moet gemaak word!
Hierna sal ons die saal na die "Danville Hulp Projek Saal" benoem en sal
dit ons verantwoordelikheid wees om op 'n gereelde basis hierdie saal te
versorg. Nie net die voorkoms van die saal nie maar ook om na die
verswaktes se geestelike behoeftes om te sien en hulle met liefde te
pamperlang.
Sal die persone wat hierby betrokke wil raak my asb kontak en
spesifiseer waarvoor hulle kans sien.
Elsabe
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
Lees - Matteus 7:1
"Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie ..." (1)
Regsklere pas sommige mense baie goed. Hulle eien hulleself die reg toe
om links en regs opinies oor ander uit te spreek en om mense voor die
voet te veroordeel.
Natuurlik is dit 'n gevaarlike speletjie. Jesus waarsku ons hierteen.
Want mense wat hierdie soort spel speel, gaan eendag deur God met
presies dieselfde oordeel beoordeel word as dié waarmee hulle ander
veroordeel. En God het natuurlik al die feite tot sy beskikking. Daarom
gaan hierdie selfaangestelde regters tweede kom as hulle voor Hom staan.
Moenie ander oordeel nie. Nee, gaan stel eers jou oë fyn in by die
hemelse Oogdokter. Laat Hy jou leer om reg te kyk, om feite van leuens
te onderskei. Laat Hy jou eers bevry van al jou menslike vooroordele.
Dan sal jy wel in staat wees om reg te kyk. Dan, en dan alleen, mag jy
met ander praat oor hulle foute en tekortkominge. Maar doen dit eers
nadat jy voor God gebuig het sodat Hy jou kan help om al die feite uit
sy perspektief te beskou.
As jy wel vandag iets oor ander mense in hulle afwesigheid moet sê, maak
dan seker dat jou woorde nie met gif of met bitterheid gelaai is nie.
Praat opbouend oor ander agter hulle rug. Beskerm mense se eer en
integriteit as hulle nie daar is om dit self te doen nie. Laat staan jou
regsklere. Jy is nie geroep om vonnisse met jou tong te fel nie. Los dit
vir God. Hy het al die feite, jy nie!
Here, leer my om nie te oordeel nie.
Uit: Uit die Beek 2004 - Stephan Joubert |
|
| |
|
|
| |
Die Danville Hulpprojek Saal |
|
| |
|
|
| |
|

|

|
|
Rika was die kaste binne |
Elsabe Markgraaff was die kaste |
| |
|
|

|

|
|
Hannes installeer die radio |
'n Vinnige tee breek! |
| |
|
|

|

|
|
Hannes en Elma - spanwerk |
Johan haal die kas handvatsels af |
| |
|
|

|

|
|
Johan, Hannes en Elma |
Johan en Werdi |
| |
|
|

|

|
|
Kari versog 'n bejaarde dame se hande |
Elsabe Markgraaf versorg 'n bejaarde dame se
hande |
| |
|
 |

|
|
Lekker snoesig in haar bedjie |
Elsabe Wentzel by haar gunsteling |
|
|
|
|

|

|
|
Rika en Carin met 'n duvetoortreksel |
Slaaptyd |
|
|
|
|

|

|
|
Rika, Kari en Elsabe Wentzel sit gordynhakies aan |
Werdi pamperlang 'n ou dame |
| |
|
|

|
|
|
Elsabe by bejaarde dame |
|
|
|
Komberse vir ons
Bejaardes - Julie 2005 |
|
|
|