Die Danville Hulp Projek

Kleutergroep fotos - Mei 2005

 
  Vrydae is in meer as een opsig `n spesjil dag by Rainbow Kleuterskool!
* dis koekdag vir die verjaardagmaatjies van die week;
* almal dra hulle nuwe spogsweetpakke en
* daar word afgewyk van die normale roetine;
*kon ek vir `n beter rede vra om `n springkasteel te reel ?
Die kinders het in klasgroepies kom spring en dit het my kans gegee om ook in die klassies te kuier. Hier is groot vordering te bespeur - wat maniere, ontwikkeling en dissipline aanbetref. Die juffrouens kwyt hulle baie goed
van hulle taak ! Eintlik staan ek verstom as ek terugdink aan die outjies se vordering : verlede jaar kon min van hulle sê hoe oud hulle is, woordeskat was beperk, en handvaardighede swak. Nou bou hulle legkaart, teken , skryf
en babbel !! Die springkasteel was `n groot lekkerte. Die gegil en gelag kon mens van ver af hoor. Menige besering is weggelag omdat die pret net te lekker was.Ons moes keer want van die akrobate met opgehoopde energie het
rowwe toertjies uitgehaal.
Ek het ook die Rainbow Rally beleef!! ! ( `n Harley Rally sal goed vergelyk ) Vrydae word die straat toegemaak en die maatjies jaag met hulle skopfietsies straat- op en straat- af . Wee jou as jy durf in die pad kom !
Hulle swenk vir geeneen uit nie !
En net toe ek met `n gevoel van genoegdoening wou groet, kom ek op twee dogtertjies af wat saam met Oom Attie by die stoor, skoene aanpas.Die vreugde oor hierdie paar tweedehandse tekkies het my so geruk ( moes hard
sluk ) en net daar het ek besef : elke goeie daad aan die kindertjies word so opreg waardeer ! Ons durf nie ophou nie!