Kersliedere by Kerslig

9 Desember 2005

 
Vrydagaand 9 Desember 2005 was een van die hoogtepunte in ons projek se kersfeesprogram.

Met die stad se liggies daar ver onder ons en 'n pragtige dame wat die allermooiste kersmusiek op 'n vleuelklavier speel - voel dit vir my asof alles net reg is! Dit voel asof die genade van God oor ons spoel en daarmee die golwe van dankbaarheid oor al ons funksies wat so perfek afgeloop het. Dankbaarheid oor al die wonderlike mense om ons, wat hulle harte en hande oopgemaak het en ons help om ook hierdie Kersfees, vreugde in ander se lewens te bring!

Ben en Andri Nienaber het hulle harte en huis vir ons projek oopgemaak en hierdie lieflike aand ten bate van ons projek aangebied. Daar was soveel verskillende musiekinstrumente bespeel - trompet, fluit, kitaar ens. Die een lied wou mooier as die ander wees. Die musiek en sangtalent was puik.

(Terwyl ek na hierdie wonderlike musiek luister - weet ek - volgende jaar (2006) gaan ons Danville Hulp Projek 'n ongelooflike kerssang funksie aanbied! Ons gaan ons mense met busse en karre aanry - niemand mag ooit so 'n Kerssang by Kerslig misloop nie. Maar meer hieroor volgende jaar.)

En so ry ek laataand huis toe met 'n ongelooflike vrede en vreugde in my hart - dit is voorwaar die tyd van ons

CHRISTUSFEES!

Goeienuus - al die kersfeesfunksies se foto's is op die webwerf www.danvillehulp.co.za  Gaan loer gerus en deel in die vreugde

Adri onthaal die gaste met pragtige musiek

Die allermooiste Kersliedere

   

Die gaste geniet elke oomblik

Kersliedere is so mooi

   

Stille nag, heilige nag

Pragtig met 'n pragtige stem