Kersfees 2004

 
  Die Pak van die Presente - 4 Desember 2004   
  Die Groot Dag! Saterdag , 11 Desember 2004  
 
 
  Hi

Net gou 'n paar brokkies inligting oor ons Kersboom op die 11de Desember.

Plek: Elandspoort Hoërskool
Datum: 11 Desember 2004
Tyd: 09:00 - 14:00

Die volgende groepe gaan teenwoordig wees. Sal later presiese getalle gee.

1. Rainbow Bybelklub
2. Die Woord Bybelklub
3. Emanuel Bybelklub
4. Andeon Hulp Projek
5. Wolmer Hulp Projek
6. Bloudakkies ouetehuis

Al die kinders en ook die bejaardes het klaar hulle wenslyste ontvang - ek behoort dit Saterdag 6/11/2004 terug te ontvang.

Ek het die ouetehuis se wenslyste teruggestuur na hulle toe! My hart wou breek - van die bejaardes het net vir kos gevra! - Hulle mag net vir ietsie spesiaals vra - 'n regte, egte krismispresent! Ons gaan probeer om in elk geval vir hulle ook groot kospakke te gee, wat hulle van Kersfees tot na Nuwe Jaar sal hou. Maar vir die Kersfees van 2004 gaan hulle 'n mooi geskenkie kry, toegedraai met hope liefde!

Ons het gevra dat niemand vir 'n geskenk vra wat meer as R60-00 kos nie. Ons almal weet hoe duur geskenke is en ek glo dat R60 baie billik is. Nou kom die groot werk - Ons moet borge kry vir ongeveer 450 kinders en ± 200 oumense !!!

Sou iemand self 'n geskenkie wou gaan koop en toedraai - sal ons baie dankbaar wees. Ons sal dan van die wenslyste af werk en so voorkom dat daar te veel van die een en te min van die ander is. Ek sal volgende week hiermee begin.

Die Saterdag voor die funksie draai ons die geskenke toe en almal is welkom om hierdie dag saam te kom geniet!

Dan het ons ook 4 Vaders Kersfees nodig - om die verrigtinge vlot te laat verloop. Komaan manne - hier is jou kans van 'n leeftyd!

Ons het weer Carel se groot slee. (hy trek hom met 'n 4x4 bakkie!!!)
Ek dink ons gaan die hele fees op die rugby veld hou as dit nie reën nie.

Dit dan in 'n neutedop (x-tra large dop as jy my vra!)

Ek hou julle op hoogte
Groetnis
Elsabé Blignaut
 
 
 
 
  'n Paar Kerswense van die kinders:

Aan: Kersfeesvader
"Ek wil baie graag 'n "playhouse" hê om my besig te hou deur die dae wat so lanks is. Ek is dalk amper 9 maande, maar ek word vinnig verveeld in ons groot huis want ek kan nie veel doen nie aangesien almal "NEE" vir my gedurig sê!!!

Toe besluit ek, as ek my eie "playhouse" het kan ek inige iets doen. So Kersvader, ek hoop jy kry my briefie, want dit is iets wat ek baie graag wil hê!!

Met baie liefde
Eric

Aan: Vadeer Kersfees,
Ek sal graag 'n velsorgreeks wil hê vir 'n normale vel en wat ook kan help vir puisies
Baie dankie
Karin

To: Father Christmas

Please a very big hairdryer for long hair
Thank you

To - aan: Vader Kersfees

'n CD player met oorfone
Van Louise en baie dankie

 

 
 
 

   


Dinge begin gebeur!

   

Kruideniersware word met vreugde ontvang,
baie dankie aan ons ongelooflike donateur

En so arriveer die Kersgeskenke, baie baie dankie!

   

Bitter welkome kruideniersware - 'n geskenk van Bo!

Die mooiste geskenkies vir ons kinders

   
   

 

Geskenke toedraai