Dogterskamp

8 - 10 April 2005

 
  'n Paar briefies van die dogters:

"Tannie - Dit was baie lekker en ek het die 4 wheeler geniet en ek sal graag weer hier wil kom kamp en tannie se kos is baie lekker en dit was baie lekker en tannie en oom dit is lekker om kos te soek en ek sal weer hier kom kuier en ek sal dit geniet om hier te kom kyer en ek sal dit laaik baie dankie oom en tannie - I louv you!"

"Ek het van die 4 wheelers gehou om op te ry, veral toe die oom begin te jaag het, en ook toe ons die nagmars gedoen het, ek het van die nagmars gehou want dit was baie stil. Die ding wat die lekkerste was, was die KOS mmmmmm lekker!"

"Dit was lekker hier en hoop dat ek weer kan kom en mag daar nog meer kampe wees om op te wees. Ek wil so graag weer op die kamp wees want dit was lekker hier. Ek wil weer kom na die kamp toe kom!"


"Dit was lekker en ek wil weer kom volgende jaar of sommer hierdie jaar . Dit was die lekkerste toe ek geswem het en ek het nie lekker tyt gehaad toe die padda my toon gesyg het nie en toe die bood omgetiep het en ons het lekker gaan kos soek om te eet en ons het nie ons swiets in die bos gesien nie toe sê die oom die jakalse gaan klas partytjie hou daarmee! Maar dut was rerig lekker en het dit geniet. Want dit is lekker want ek doen niks by die huis nie en ek giniet hier geniet ons ons tyt!!!"

"Dit is die beste kamp wat ek nog ooit op was en al die goed wat ons doen is lekker maar hierdie kamp moet langer wees soos 2 maande en die langtern (lantern) bekruip en nog 'n ding van hierdie kamp is as jy na hierdie kamp toe kom en al die kinders kan leer ken vir nuwe vriende. Want dit is Fun en lekker - dankie en bye - Blueberry Hill the Best!"

 

 

Die meisies arriveer en Phil help braai

Self braai is so lekker

   

Ons sal styf langs mekaar slaap

Slaaptyd in 'n tent

   

Drie soorte ontbytgraan in een bordjie

Christo leer die kinders oor oorlewing in die veld

   

Spanpraatjie

Wie se meisies kan nie vierwielfietse ry nie

   

Kyk ma, ek ry alleen!

'n Regte poplap

   

Hier gaan dit lekker word

'n Blommetjie vir Tannie Elsabe

   

Jig!! 'n Vet miskruier!

Christo gaan steek die kos in die veld weg

   

 

Reg vir die nagmars

 

Klik hier vir nog fotos