Uitdeel van kospakkies 
 24 Desember 2003


Distribution of food parcels

24th December 2003

 
  OUKERSDAG 24 DESEMBER 2003


Op Woensdag 24 Desember was dit moontlik om 200 kospakkies aan inwoners van Danville en Elandspoort uit te deel!

Baie, baie dankie aan almal wat gehelp het om dit moontlik te maak. Met tye het dit dol gegaan en het dit fyn trap gekos om alles gereël en in plek te kry MAAR te danke aan al die wonderlike Danville Hulp Projek ondersteuners en somtyds onbekende persone het die kos ingestroom en was dit moontlik om hierdie Kersfees van 2003 baie spesiaal te maak!

Die verbasing was groot toe almal hul eie kospakke vir ‘n volle 10 dae kon pak en nadat dit gedoen is boonop nog ‘n groot kos-kerspak present te kry. Die hoender in die pot op Kersdag was iets om na uit te sien en daar was weereens ‘n oorvloed van lekkernye!

Louise, Alet, Willa en Oom Isak het ook gesorg dat daar weer vir elke kind in hulle bediening ‘n geskenkie was! – die gesiggies het gestraal!

Baie dankie aan al die ander groepe en onbekende mense wat gehelp het om hierdie dag vol verrassings moontlik te maak!

Ek bid dat almal ‘n baie Voorspoedige 2004 sal hê en dat ons oë sal oop wees om weereens in hierdie nuwe jaar wonderwerke van God sal ervaar!

Wanneer jy vanaand stil word – dink daaraan dat “God jou gehelp het om in 2003 ‘n verskil in ander wat minder as jy het se lewens te maak. Dat HY jou in die posisie geplaas het om te kan gee sonder voorbehoud en dat hy deur jou ‘n persoon in nood bygestaan het! Wees dankbaar dat jy nie in die ry moes staan vir ‘n aalmoes nie! En dat jou kinders met vol magies kon gaan slaap – dit kon anders gewees het!

Laat ons in 2004 nog meer uitreik na ons medemense in nood en mag ons leuse weereens wees:-

“Ons maak ‘n verskil”

Nogmaals baie dankie en mag die Nuwe Jaar net vreugde, vrede en voorspoed bring vir almal!

Groete

Elsabe

 
 
  CHRISTMAS EVE, DEC 24, 2003

On Wednesday, 24th December it was possible to hand out 200 food parcels to residents of Danville and Elandspoort!

Thank you very much to everyone who helped to make this possible. At times it was quite hectic, but thanks to the assistance of the wonderful Danville Help Project supporters and sometimes unknown contributors, food just streamed in and it was possible to make this Christmas very special.

It was a pleasant surprise to be able to pack your own food parcel to last  a full 10 days and then to get a Christmas parcel as gift as well!

Louise, Alet, Willa and Oom Isak also made sure that every child received a small gift, and the happy faces showed it!

Thank you very much once again to everyone who made this day possible.

I pray that you all have a Prosperous 2004 and that we will once again witness God's miracles in this new year. Also remember that in 2003, God made it possible for you to make a difference in the lives of those less fortunate than us. Also be thankful that you don't have to stand in food lines and that your children can go to bed after a good meal, it could have been so very different.

Let us once again, in 2004, reach out to our fellow man and may our motto always be:

WE MAKE A DIFFERENCE!

Thank you once again and may the New Year bring joy, peace and prosperity for us all!

Greetings

Elsabe

 

Klik op die foto om 'n groter weergawe te sien
Click on a photo to  see a larger version