Danville Hulpprojek

Besoek aan Kinderplaas

23 Junie 2004

 
     
  Sjoe !! wat `n oggend !!
Dis half moeilik om al die ervarings saam te vat, want as jy vir die kleuters vra wat was die lekkerste en jy begin alles opnoem dan antwoord hulle op elkeen baie oortuigend JA !
Die bokke, eende, perde en koeie is uit die hand gevoer ( dankbaar dat dit deur die draad was ) en die lammers met `n tietiebottel.Hulle het kans gehad om elk `n hasie op die skoot te tel om te liefie en te voer.Hier moes ons mooi keer, want party hasies is sommer ferm aan die ore vasgevat en ge`force-feed` Die wortels wat nie deur die hasies verorber is nie, het sommer in eie mondjies beland. `n Woelige lotjie inderdaad - al wanneer hulle `n bietjie stil gesit het is toe die eetgoed uitgedeel is!! Altyd `n hoogtepunt.
Elkeen het `n beurt gehad om op `n ponie te ry en die gesiggies het gestraal van pure plesier.Maar toe ons verklaar dat hulle maar op die `klimlame` mag speel, was daar geen keer nie. Ek moes hard sluk toe ek besef watter sensasie die swaaie was. Bittermin van hulle weet hoe om te swaai !! Ja, jy moet leer hoe om te `maak` en van voetjies optel.Hulle gil so van lekkerkry dat ons kort-kort wou dink dat hulle bang raak.
Oppad terug merk een outjie op: Haai kyk daai melkperde !! , toe ons by `n kudde beeste verbyry. Weereens het ek die geweldige agterstand besef, maar al het die uitstappie geen opvoedkundige waarde gehad het nie, weet ek dat ons so `n klein bietjie in `n ander baie groter behoefte voorsien het nl. dit van liefde, belangstelling en aandag.Oe !! Hiersonder kan geen kind klaarkom en vorder nie.Die onmoontlikste mannetjie het so mak soos `n lammetjie geraak toe my eie dogter begin aandag gee en vertroetel. Sommer op haar skoot aan die slaap geraak oppad terug !
En al is ons almal gô -uit vanmiddag, dink ons alweer met entoesiasme aan die volgende uitstappie!

Werdi

 
   

Lorinda help beeste voer

Louise sit handjie by met perde voer

   

Mercia se stralende gesiggie by hasiehok

Cherise voer hasie met mening

   

Riaan en Ouma deel lekkergoed

Lize-Marie se rooi suigstokkie

   

Precious trek aan `n taai toffie

Cherise liefie `n hasie

   

 

Riaan raak dors!