Pootuit maar dolgelukkig!!!! Ons dag saam met Minister Geraldine
Fraser Moleketi en al haar vrywilligers was 'n reuse sukses!
Ons het vir 1300 reggemaak maar ek dink daar was omtrent 1500! (dit
het in elkgeval soos 5000 gevoel!!)
Hiermee 'n kort samevatting :
04:00 Phil sluit die skoolgronde oop vir die kokke om die
potjiekos te begin 06:00 Die vrouens van ons groepe begin pap en
rys kook 100kg
mieliemeel en 30 kg rys en 850 broodrolletjies
09:00 Begin die area voorberei
12:00 Kinders en ouers begin arriveer
12:30 Vermaaklikheids program in die saal
13:15 Arriveer die Minister ('n hele uur te vroeg!)
13:30 Toespraak in Afrikaans aan die gemeenskap.
13:45 Deel geskenke uit
14:00 Vertrek met 'n spoed terug Uniegebou toe.
En toe is dit etenstyd!!! - Dit was 'n gesig om te aanskou! Die
mense het omtrent gekreun agter die opskep potte! Ek dink almal
het nou een of ander rugkwaal na Maandag! Daar was vele versoeke
"net klein bietjie vleis maar baie, baie sous asb" en "Ek eet
eintlik nie pampoen nie maar ek sal dit vir my boetie gee"! ens
ens
Die ongeloof op party se gesigte toe hulle die heel groot 3 poot
swartpote (omtrent 8 van hulle)
vol vleis sien -was iets om te waardeer! soveel kos !
Ek sal nou werkmaak om te sien of ons hulp van die Minister se
kant kan verwag en in watter vorm? Ek
is vol vertroue dat daar baie positiewe dinge uit hierdie besoek
gaan kom!
Ek sal môre 'n brief uitstuur oor die Pretdag op 8 Mei. Hou die
pos dop!
Mooi dag
Elsabe
Ministriële afvaardiging vir voorbereidings vir Minister
Geraldine Fraser Moleketi se besoek aan Danville
Beplanning en inspeksie van terrein vir Minister Moleketi se
besoek