Seuns Oorlewingskamp
24 tot 26 September 2004

 
 

Voorbereidings

 

   
   

 
   

Die Kamp

  Baie dankie aan almal wat dit vir die seuns moontlik gemaak het om te gaan kamp. Dit was 'n reuse sukses! Die seuns was tenspyte van hulle "tiener" jare nog klein in die hart!

Die vreugde van "bokspap" vir ontbyt was hartseer om te aanskou. "Tannie kan ons van alles eet?" en dan "Jislaaik ek gaan iets van alles in my bord sit - jy weet soos 'n mixed grill!!" Met ontbyt in die oggende het dit letterlik gelyk asof hulle vir dae lank nie geëet het nie! Hulle het die graankos verslind! Sondag oggend het Phil hulle bederf met bokspap en 1 uur later roereiers, russians ens. Hulle het nie 'n krummel kos oorgelos nie!

Die paintball was 'n treffer. 'n Paar seuns het dit nogal ontgeld met "wonde" en ek dink dit was nogal pynlik! maar niks ernstig nie. Hulle het vinnig wraak geneem en teruggeveg! Die manne moes skuilings bou en het omtrent 'n regte bosoorlog gevoer!

Toe Christo en Deon vir hulle leer kompas lees het heelwat nie geweet wat 'n kompas is nie! Hulle het gou geleer en met die nagmars moes hulle die kos vind wat oral oor weggesteek was. As jy nie jou kos sou kon opspoor nie sou jy honger moes gaan slaap! en glo my hulle was soos bloedhonde! Dit was 'n gesig om te sien. Dit was volmaan en oral oor uit verskillende rigtings in veld het jy flitsligte gesien wat aankom kamp toe! - ons kinders in die stede mis soveel!.

Hulle het leer sweep klap en kleilat gooi! Met die afkoel in die dam na die paintball sessie het hulle mekaar sommer met hande vol klei gegooi en het Christo en Deon amper 'n modderbad gehad!

Hulle het elke aand self gebraai en die wyshede wat om die vuur uitgekom het, het somtyds jou hare laat rys!

Van die outjies wou sommer vir die hele Desember vakansie kom kamp!

Dit was 'n ondervinding en ek het gesien hoe Phil bewoë raak toe die bus wegtrek en die kinders huis toe gaan. Hy het sommer in die veld ingestap en heelwat later eers weer teruggekom! - Dit is swaar om die kinders na 'n sorgvrye en gelukkige naweek terug te stuur na hulle moeilike omstandighede ! - Maar volgende jaar stuur ons hulle weer om te gaan kamp!
 
   
  Net een woord 'N REUSE SUKSES"!!!!!

Baie baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie kamp moontlik te maak. Die kinders het hulle gate uit geniet! Die fasiliteerder Christo was puik en het die mannetjies se sake vir hulle gewerk! Maar almal wou weet - "Wanneer kan ons weer kom kamp?" een outjie het sommer die hele Desember voorgestel.

Ek sal later meer breedvoerig terugvoer gee.
Mooi dag

Elsabe

 
 
   

'n Ou seerplek kry nuwe aandag

Almal braai hulle eie vleis

   

André en sy span

Dit gaan swaar om almal in die bus te kry

   

Bos storte

Braaiers van formaat

   

Chris en Ockie praat kopstukke

Christo-Fasiliteerder, slaan kamp op

   

Christo bespied die wereld

Deeg moet goed gemeng word

   

Wat 'n besigheid

Roosterkoeke

   

Deon en Phil maak 'n broodjie

Die manne vat 'n blaaskansie

   

Bokspap

Ockie

   

Kampkinders

Kinder arbeid

   

Koel lafenis

Kyk ma, ons was skottelgoed

   

Klik hier vir nog fotos