Ons skooltjie het Maandag oggend begin met 11 klein kindertjies. Die
opgewondenheid was groot. Ons het 'n paar klein stoeltjies en klein
tafeltjies (party is geleen) - nie genoeg vir almal nie - en was dit moord
omdat party op die groot bank moes sit! - Sodra een hom van sy klein
stoeltjie af lig om 'n draai te loop - het 'n ander "stoeltjie-lose" vinnig
daar gaan sit! - Jy kan jou die konsternasie indink!
Our creche started on Monday with
11 small children with great excitement> We already have some small tables
and chairs, but not enough for everyone. As soon as one left his/hjer chair,
it was immediately taken up by someone else who was "chairless"
Toe hulle die oggend open met 'n gebedjie "verklaar" die een seuntjie "As
julle nie reg bid nie gaan die kos nie gaar word nie - so bid mooi!" (hy was
dalk honger?)
Vanoggend is daar 15 kindertjies vir "Skool". en ek dink by Vrydag gaan daar
heelwat meer wees!
This morning 15 children
attended, by Friday there should be many more!
Dit is ontstellend om te sien hoe "laag" hulle vaardigheidsvlakke vir hulle
ouderdom is! Party kan ook nie die verskillende diere uitken nie! Ons het
groot werk om te doen hier - maar dink net hoeveel dit vir die kinders gaan
beteken!
It is distressing to see how low
their levels of accomplishment are, some could'n even identify the different
animals. We have a lot of work to do here!
|