|
Ashley
Blackbeard, Nadia Stieger, Solice Fourie en Celéste Hartley |
Elsabé met
Ashlea Blackbeard |
|
Constantiapark Laerskool hou sokkie vir liefdadigheid
Die ondernemingsgees en puik reelings van vier graad 7 dogters van
Constantiapark Laerskool het daartoe gelei dat hulle R2 530,00 aan
die Danville Hulp Projek kon skenk.
Ashley Blackbeard, Nadia Stieger, Solice Fourie en Celéste Hartley
het as deel van hul opdrag in een van hul vakke (Lewensorientering)
die taak gehad om met ‘n projek vorendag te kom wat geld moes
insamel om vir liefdadigheid te skenk. Na vele ure van kopkrap en
‘n formele “dinkskrum” het die vier besluit om ‘n sokkie by die
skool te reel.
Die vier het nie alleen die besigheidsplan van die projek
eiehandig opgestel, getik, gebind, maar hulle het ook hul ouers en
sommige van die ouers se vriende gemotiveer om ‘n bydrae te maak
met die reelings. Die vier dogters het ook die besigheidsplan aan
die Hoof van die skool, Mnr At Oosthuizen voorgele ten einde
goedkeuring te verkry om die skool se fasiliteite te gebruik. Nie
net is kaartjies en advertensies van die sokkie gemaak en verkoop
nie, maar die dogters het ook die sokkie oor die skool se
interkom-stelsel geadverteer. Die ouers het gehelp met die
reelings van die mobiele-disko en Pick ‘n Pay, Woodlands het
goedgunstiglik koeldrank gratis verskaf.
Die sokkie, wat slegs vir grade 5, 6 en 7 leerlinge toeganklik
was, was Vrydagaand 27 Oktober 2006 gehou in die skoolsaal en
sowat 200 dansers het opgedaag vir die groot aand. Sommige van die
ouers en onderwysers onder andere Mr Gerrit Smit het hul
Vrydagaand opgeoffer om ‘n ogie oor die verrigtinge te hou wat tot
21:00 aangehou het.
Die opbrengste van die aand is na afloop van die verrigtinge getel
en is by ‘n klein oorhandigings-seremonie by die skool op 9
November 2006 deur Me Ronalda Blackbeard aan Me Elsabé Blignaut
van die Danville Hulp Projek oorhandig in die teenwoordigheid van
Mnr At Oosthuizen, die skoolhoof
|