Bloubulle en Warmbrakke

 
 

Donderdag 10 Julie 2008 het maar vaal en koud in Danville begin.....totdat....2 Bloubul rugbyspelers die dag kom ophelder en vir warm
glimlaggies gesorg het! Wilhelm Steenkamp en Zane Kirchner het die bejaardes en kinders kom besoek en heerlik saam met hulle gekuier, handtekeninge gegee het op papier, die lyf, hemde ens! Wat 'n lekkerte. Maar die grootste verrassing was toe die Bulletjie (mascot) eweskielik sy verskyning in die deur maak... Pandemonium .. Soveel gille en uit die maag lag het ek lanklaas gehoor!. Daar was behoorlik gekuier. Maar lekker kuier maak mens ook honger en dors! En dit is presies waarvoor ons gesorg het.
600 warmbrakke met heerlike vrugtesap! (600 honderd broodjies wat gesmeer moet word is nogal 'n reuse werk - maar die tannies van die ouetehus het dit met liefde gemaak) Wat kan mens nou meer begeer op so 'n bitter koue oggend!. Teen middag was die magies vol en kon almal gelukkig huis toe gaan met 'n Bloubul pet, vlag, penne, boeke ens wat hulle as geskenke ontvang het.