|
7 Desember 2011
Goeiemôre vriende,
Nog net 19 slapies, dan is dit Kersfees!!. Die jaar is op sy rug en daar is
nog so baie om te doen.
Met 10 funksies al klaar in die sak is daar nog net 5 oor om te doen!!!
Sodra dinge gekalmeer het en ons almal tot ruste kom, sal ek terugvoer oor
elke funksie doen soos in die verlede.
So baie duisende dankies aan almal wat mildelik bygedra het om alreeds -
presies 952 hartjies bly te kon maak. Is dit nie ‘n wonderwerk in hierdie
moeilike ekonomiese omstandighede 952 geskenke te kan uitdeel nie? Baie
dankie aan die persone wat fisies ook by die funksies betrokke was. Sonder
julle was dit nie moontlik nie! Groot dankie aan Alicia Keyser en haar ma
Lydia wat weereens hierdie jaar 3 groepe se funksies in geheel hanteer het!
Ek wens dat almal daar kon wees om te sien hoe die gesiggies straal wanneer
die geskenke oopgemaak word! Vreugde op vreugde! Gaan loer gerus op die
webwerf – www.danvillehulp.co.za en geniet
Op ‘n ernstiger noot – ons kort 265 geskenkies ter waarde van R80@vir die
laaste paar funksies wat nog gedoen moet word. (R21 200-00)
As elkeen net ‘n bydrae maak vir 1 geskenkie terwaarde van R80-00 - gaan ons
sommer baie gou die laaste paar kinders en bejaardes se harte bly maak. Help
ons groot asb om dit nog moontlik te maak. Op hierdie stadium het ek nog
redelik “odds and ends” en as ons nou die nodige fondse inkry kan ons net
dit wat nog nodig is aankoop.
Groot in aanvraag nou is linne, alle groottes asb (lakens/slope/duvets/kussings)
Asook dames toiletware stelletjies. Vir die kinders sal Mr Price
geskenkbewyse baie beteken.
Sodra die geskenke verby is – begin die groot kosinsameling projek!
Nimmereindigend !! maar as elkeen net ‘n klein deeltjie bydra – maak dit
vinnig ‘n reuse verskil! En boonop is dit mos lekker om vreugde in die wat
nie so bevoorreg soos ons is, se lewens te bring! ‘n Die waarde van ‘n
kospak is ± R350-00. Ons moet 750 sakke probeer pak.
Baie hartseer is my staatmaker/liefling tannie Martie van Bloudakkies
ouetehuis - wat verlede week met kanker in beide haar longe gediagnoseer is!
Ons harte is stukkend vir haar. Ek loop al ‘n 10 jaar lange pad met haar.
Onthou haar asb in julle gebede – dit is ‘n bitter moeilike opdraande pad
vorentoe vir haar en haar familie veral nou oor die kersgety.
Ek wil asb weer vra dat die geskenke nie toegedraai moet word nie.
Ongelukkig is dit so dat party items wat inkom nie altyd geskik is nie.
Party geskenke kos baie meer en dan is daar weer geskenkies wat baie minder
kos - want almal gee volgens hul vermoeë. Al die geskenke moet gekontroleer
word. En elke geskenkie is ongelooflik welkom en kosbaar.
Ek weet dat emosies soms oorneem wanneer die geskenke gekoop word. Maar dit
is belangrik dat almal regverdige geskenke kry. So kan een geskenk genoeg
wees maar by ander moet ons 'n paar ekstra items inpak om dit op dieselfde
bedrag te kry. Geld is ook nodig om aan te vul waar daar tekorte is asb.
Help asb om so veel as moontlik drome/wense waar te maak.
DRINGEND
Ons het nogsteeds baie klere en kos nodig asb – Die koskas bly nou leeg.
Maar ek vertrou dat ons met die hulp van ons getroue ondersteuners in al die
dringende behoeftes sal kan voorsien.
Afleweringsadres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Bel asb voordat u ry
Mooi loop tot volgende keer.
Groete
Elsabe
Sel: 082 8282 551
Huis: 012 991 3914
|
|