Bloudakkies
Ouetehuis

Valentynsfunksie

11 Februarie 2006

  Ons funksie by die Bloudakkies ouetehuis was ‘n reuse sukses. Een ou oom sê “Man dit was nou sommer vir jou ‘n A-one” funksie” Met al die baie funksies wat ons alreeds by die ouetehuise gedoen het was hierdie een se vermaak voorwaar die beste ooit!

Baie dankie aan die persone wat eetgoed geskenk het – dit was heerlik en elke oumens kon nog ‘n hele bord vol eetgoed na die tyd huis toe vat.

Die vermaak was uit die boonste rakke!! Wesley Cussons het die oumense  so laat lag dat party amper gehuil het! – net om daarna weer almal se hartsnare te roer met ‘n liedjie uit die vroeêr jare! Almal het saamgesing, hande geklap en die heupe so op die stoele bietjie rondgedraai! Hy het ‘n ongelooflike talent om elke oumens te betrek en het almal se harte gesteel. Hulle wou hom sommer “boek” vir volgende week!

Dit was ‘n oggend vol nostalgie. Die ou-dames se hande was versorg en party se voete was met soveel liefde gemasseer dat jou keel wou toetrek  by aanskoue daarvan! Ons bejaardes kon nie genoeg dankie sê nie en ‘n mens weet dat hulle alles wat vir hulle gedoen word opreg waardeer.

NOGMAALS BAIE DANKIE aan almal wat gehelp het om hierdie funksie ‘n  sukses te maak.
 
 
     

 

Hierdie voete word met soveel liefde gewas

Alte lekker hierdie groot bederf

   

Ek help vir mamma om ons bejaardes te bederf

Wat 'n voorreg om deur so 'n keurige dame bederf te word!

   

Voete word gewas met soveel deernis

Ons bejaardes help self met die voorbereidings

   

Ons staatmaker bejaardes help met voorbereidings

Kyk hoe mooi lyk my hande nou

   

Groot bederf

Sue versier die saal vir ons

   

Al te lekker hierdie groot bederf

Die gaste begin arriveer

   

Lekker saamsing

Almal kuier lekker saam

   

So sing almal lekker saam

Aan hierdie grootbederf kan mens gewoond raak!