Die Andeon Projek

Terugvoer Februarie 2005

22 Februarie 2005

Hiermee gou terugvoer oor die huidige status by die Andeon Projek.

Danksy hulp van ons ondersteuners kon ons 5 houthuisies hier oprig en is ek dankbaar om te kan sê dat dit relatief goed gaan met die families in die huisies.

NUUT
Ons het verlede week 'n persoon ingeneem wat pas uit die gevangenis ontslaan is. Vir hom het ons ook 'n houthuisie nodig - ± R3300-00.

Weet julle hoe moeilik dit vir 'n persoon IS wat 'n misstap begaan het, sy tyd in die gevangenis uitgedien het en DAN ontslaan word sonder 'n heenkome?

Kan jy, jou indink hoe so 'n persoon moet voel nadat die hekke agter hom toegegaan het - en hy nou soos 'n melaatse voel? Nêrens welkom nie - (terwyl daar groter kriminêle op straat is) omdat sy sonde/misstap bekend is?

Matth: 25 - Ek was in die tronk en jy het my besoek! Wie is ons om te oordeel? Ons gaan hom help om weer sy plek in die gemeenskap vol te staan - die verlede is verby - nou is dit net vorentoe!

Indien daar mense is wat hulle weg oopsien om 'n bydrae hiervoor te maak - dit sal opreg waardeer word. Merk net asb "Andeon huisie"

Dan het ons ook nou 'n nuwe gesin daar ingeneem -
2 ouers met drie kinders (8mnde - 3 jaar en 5 jaar oud) Hulle almal (5) is tans in 'n houthuisie van 3x3 meter. (Een van die ander inwoners het sy huisie tydelik afgestaan sodat ons hulle kon huisves - die wat niks het nie, sal nog mekaar help!) Vir hulle kort ons 'n groter houthuisie - miskien so 4x4 meter totdat ons hulle weer op hulle voete kan kry.

Verder het ons 'n bouer nodig om te help met die bou van die abolusie geriewe daar. Hulle gebruik nog "veld toilette" en het nie bad of stort geriewe nie! As daar dalk iemand is wat hiermee kan help - laat weet asb. Dit sal ook goed wees as ons dalk 'n gemeenskaplike kombuisie daar kan oprig - op hierdie stadium maak elkeen maar sy eie vuurtjie en kook daarop!

Sien vorige foto's op die webwerf www.danvillehulp.co.za

Ons voorsien kruideniersware wanneer die nood groot raak. Die doel is, dat hierdie mense moet probeer om ook in hul eie behoeftes te voorsien. Indien ons groot hoeveelhede kos en klere op 'n gereelde basis voorsien - neem ons hulle verantwoordelikhede van hulle af weg en vergroot ons die moontlikheid van sommer net leeglê! My "motto" in die lewe is "Wie nie werk nie - sal nie eet nie!" Jy moet probeer om 'n inkomste te genereer!

Dit dan vir eers in 'n neutedop. Ek hou julle op hoogte van die vordering daar.

Mooi dag
 

 

 'n Netjiese man se houthuisie

'n Nuwe toilet in wording

   

 

 

 Die septiese tenk is amper klaar

Binne een van die nuwe houthuisies

   

 

 

'n Nuwe houthuisie binne

Die oom maak hout speelgoed vir 'n inkomste

   

 

 Die skrif is aan die muur!

Dit gaan maar swaar

   

 

 

Een van die nuwe houthuisies

Houtbybeltjie

   

 

Nog 'n nuwe houthuisie

'n Nuwe toilet in wording