|
|
Sep 16, 2004
NUWE PROJEK - ANDEON HULP PROJEK
Daar is dit! Die boodskap is baie duidelik - en as ons mooi na ons
leuse van Mattheus 25 kyk - sien ons - Ek was in die tronk en jy
het my besoek! - honger ens. so hoe kon ons wonder of ons moes
help?
Hierdie projek sal 'n besondere plek in ons harte kry want glo my
vandag - ons almal het groen koring op die land!!! en in hierdie
tyd is dwelm en drankverslawing een van die allergrootste euwels
wat verwoesting onder ons mense saai!
Ons sal met liefde en begrip volstoom inspring en probeer om ook
'n verskil in ons "geknakte riete" se lewens te maak!
Gebruik asb ons gewone bankrekening besonderhede en merk net by
verwysing "Andeon Projek" Ek heg dit net weer aan.
Onthou ook elke aand hierdie mense in julle gebede asb.
Mooi dag
Elsabe
|