|
|
Andeon Kersfunksie 26 November 2005 |
|
Met al Vrydag se “sports” nog vars in die geheue maak ons reg vir die Andeon funksie! Die hele oggend reën dit – maar ons is so dankbaar vir die reën dat dit net nog ‘n “Blessing” vir ons is. Op die plot sit al die inwoners alreeds onder die boom vir ons en wag. Eenkant staan die tafel met heerlike kouevleis en slaai en ek sien hoe party van die inwoners die kos “eye” en ek weet die program gaan verander! Ons gaan eers eet en dan geskenke uitdeel. Met mooi kersmusiek in die agtergrond val ons weg met die opening. Een omie verwelkom ons en doen ‘n gebed – en terwyl hy bid kyk ek vir die ander inwoners en wonder wat alles in hulle lewens gebeur het. Hoeveel kersfeesfunksies het hulle ook met hulle gesinne gehad voordat dinge drasties verander/versleg het vir hulle? Hulle gesigte is ernstig met hande voor die bors gaangevou – gaan 2006 beter wees? (moes miskien eerder my oë toegemaak het!) Dan is dit etenstyd. Borde hoogvol heerlike kos word ingeskep – en jy kan sien hoe hulle die kos geniet. So ‘n lekker gevoel om te sien dat mense kos waardeer en geniet. Die kinders vra kort-kort waar Vader Kersfees dan nou is. Ons maak ‘n “oproep” en ontdek dat Vader Kersfees in die begraafplaas verdwaal het (die plot is regoor die Zandfontein begraafplaas) nou lag hulle, hulle amper slap. Die volgende oomblik om Vader Kersfees om die hoek van die huis gestap en wat gebeur?......... die honde bestorm hom!!!! (daar is omtrent ‘n miljoen honde op die plot) Vader Kersfees gaan staan gelukkig doodstil – maar die honde grom en blaf en wil hom net byt! Die mans keer gelukkig vinnig die honde af en Vader Kersfees kan sy werk kom doen! Moet sê hy het maar vir my ‘n bietjie bleek van die skrik gelyk!! (Intussen lag ons, ons slap vir hierdie drama) Die mooiste geskenke word oopgemaak en die vreugde is so groot – vergete is die sorge vir ‘n paar ure! Ons sluit hier af met vreugde en geluk. BAIE DANKIE aan die persone wat gehelp het met die bymekaarmaak en verpak van die geskenke – glo my dit word opreg waardeer. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||